VOORWAARDES EN PRYSE

`n Versameling fotos deur amateur en vryskut fotograwe wat die gebruikreg van hul fotos te koop aanbied.

Fotos is geskik vir gebruik op webtuistes, brosjures, handleidings, tydskrifte, besigheidsverslae, groetekaartjies, titelblaaie, of in grafiese ontwerp.

Die prys is R100 per foto vooruitbetaalbaar.

Fotos word per e-pos voorsien in JPEG formaat.

Die koper koop nie die kopiereg nie maar slegs die gebruikreg.

Die koper mag die foto meermale gebruik in verskillende aanwendinge sonder enige tydsbeperking.

Die fotograaf mag die gebruikreg van ‘n bepaalde foto aan meer as een instansie verkoop.

Nadat ‘n foto aan ‘n koper gelewer is kan geen terugbetalings gedoen word nie.

Kopiereg op elkeen van die fotos op hierdie webtuiste behoort aan die fotograaf.

Vir navrae rig `n e-pos aan

fotomark@botweb.co.za




© Botweb